KIDDIE JUNCTION KLEUTERSKOOL

Waar kinders speel-speel leer

 

Meer Oor Ons

Kiddie Junction Kleuterskool bied 'n omvattende program, goedgekeur deur ‘n gekwalifiseerde arbeidsterapeut, wat:

  •  Kleuters lief sal maak vir leer deur  speel, fisiese ontwikkeling en aanpasbaarheid
  • Elke kind as 'n individu erken met unieke behoeftes en 'n  individuele persoonlikheid
  • Christelike beginsels toepas in die opvoeding van u kind
  • Kleuters stimuleer op 'n sosiale en intellektuele vlak deur gekwalifiseerde personeel
  • Fisioterapeut wat per reëling skoolbesoeke doen en terapie by die skool kom aanbied
  • Ons eie stimulasie programme:
  1. Kiddie Tunes (Musiek)
  2. Kiddie Chef (Bak en Brou)
  3. Kiddie Jumpers (Groot motoriese ontwikkeling)
  4. Kiddie Tech (Rekenaarvaardighede vir 4-5 jariges)
  5. Kiddie Lab (Eksperimente)
  • Buitemuurse aktiwiteite: Tennis, Netbal, A+ Wiskunde (soraban), Swem
  • Opvoedkundige instappies wat tema verwant is


Skoolure: 

Maandag tot Vrydag:     06:30 – 17:30

Die skool is nie oop gedurende publieke vakansiedae, naweke en enkel dae tussen vakansiedae nie.

Die skool sal ook in Desember/Januarie skoolvakansie vir ongeveer 3 weke gesluit wees. Die skool sluit geen ander skoolvakansies gedurende die jaar nie. 

Veiligheid:

’n Kode om by die hek in te kom word aan ouers verskaf. Vir veiligheidsredes vra ons dat u asb. nie die kode sal uitgee nie.  U word ook van 'n "tag" verskaf om by die voordeur hek toegang tot die skool te kry.

Die skoolterrein is toegerus met CCTV kameras en opnametoerusting. Hierdie toerusting is geinstalleer vir die veiligheid, beskerming en sekurteit van die skool, die kinders en die personeel.

Die skool beskik oor 'n kragopwekker om te verseker dat veiligheid in plek bly gedurende kragonderbrekings.

Oefening van die noodplan vind ten minste twee maal per jaar plaas. Die personeel se noodhulp- en vuurbestrydingopleiding word gereeld hersien. 

       

 

 

 

 


Map
Call
Email