KIDDIE JUNCTION KLEUTERSKOOL
3 MAANDE TOT GR RR

WAAR KINDERS SPEEL-SPEEL LEER
2026!
Welkom Terug Kiddie Junction Maats!
Kiddie Junction is 'n besonderse, dubbel-medium kleuterskool, geleë in Montana Park, Pretoria. Ons is gerieflik geleë, reg langs die Kollonade winkelsentrum en naby aan die Zambezi Tolhek. Ons neem babas vanaf 3 maande, en kleuters kan tot aan die einde van hulle Graad RR jaar by ons leer. Ons bied voldag en halfdag pakkete aan, en ons is oop vanaf 6h00 in die oggend tot 17h30 in die na-middag.
Ons is 'n Christen skool en 'n hoeksteen van ons program is ons geloof dat kinders die beste leer deur speelse en kreatiewe ervarings. Deur deelname aan kuns, speletjies en ander interaktiewe aktiwiteite, ontwikkel kinders nuwe vaardighede, ontdek hul verbeelding en bou selfvertroue. Ons bied ’n wye verskeidenheid materiale en geleenthede aan sodat elke kind op hul eie manier kan skep, eksperimenteer en leer, terwyl hulle dit geniet.
DIE BESTE KLEUTERSKOOL IN PRETORIA
THE BEST PRESCHOOL IN PRETORIA
OPVOEDING
Ons kleuters leer in ’n veilige, warm en verwelkomende omgewing. Die atmosfeer by Kiddie Junction moedig kleuters aan om hulself en ander te respekteer. Deur verskeie kreatiewe ervarings, bevorder ons kleuters se vermoë om met ander te sosialiseer, kreatief te wees, hulself uit te druk en te ontwikkel. Ons bied ’n hoogstaande opvoedkundige program aan, een wat ons voortdurend verbeter en aanpas.
SPEELGROND
Speelareas is belangrik vir kinders. Elke ouderdomsgroep by Kiddie Junction het hul eie spesiale ruimte om te speel, hulself uit te druk en hul verbeelding te gebruik. Hierdie areas bevorder denke, probleemoplossing, deel, en help kinders om vaardighede in alle ontwikkelingsdomeine aan te leer en te ontwikkel. Natuurlik ondersteun hierdie speelareas ook die ontwikkeling van fisiese vaardigheid en goeie gesondheid.
KLASSE
Ons klasse is sorgvuldig saamgestel om aan die ontwikkelingsbehoeftes van elke kind te voldoen. Ons opvoeders en ondersteuningspersoneel is hoogs professioneel en goed opgelei. Elke klas het sy eie gekwalifiseerde onderwyseres en een of meer ervare assistente.
GELUKKIGE KINDERS
Alle ouers hou daarvan om hulle kinders gelukkig te sien. Ons ook!
'n Boodskap van die Skoolhoof

Welkom by Kiddie Junction Kleuterskool.
My naam is Dr Kobie Barnard, skoolhoof van Kiddie Junction. Met meer as 45 jaar ondervinding in die onderwys en meer as 30 jaar as ’n geregistreerde Opvoedkundige Sielkundige, is my hart en passie kinders – hul ontwikkeling, geluk en welstand.

Ons Storie
Kiddie Junction het in 2014 as ’n klein familie-kleuterskool begin, en het deur die jare gegroei tot ’n groot, liefdevolle gemeenskap van maatjies, ouers en selfs grootouers. Ons glo ons gelukkige kinders en tevrede ouers sê meer as enige advertensie.
Ons Waardes
Ons skool is gegrond op Christelike waardes. Elke kind word gesien as ’n Godgegewe geskenk en met liefde, respek en deernis hanteer.
Ons benadering is
holisties – ons fokus op die emosionele, fisiese, sosiale en akademiese ontwikkeling van elke maatjie, van babadae tot hulle gereed is vir Graad R.
Ons Leer Speel-Speel
Ons hoë-gehalte kurrikulum, goedgekeur deur ’n arbeidsterapeut, word voortdurend aangepas by nuwe onderwystendense. Ons glo kinders leer die beste deur speel, ontdek, beweeg en ervaar, met sensoriese stimulasie as ’n belangrike deel van elke dag.
Veilig, Gesond en Gelukkig
Ons handhaaf ’n skoon, higiëniese en veilige omgewing met daaglikse sanitasie, streng veiligheidsmaatreëls en gereelde oefeninge vir noodgevalle.
Ons Spyskaart
Ons gebalanseerde spyskaart is deur ’n dieëtkundige saamgestel, met kreatiewe maniere om gesonde kos lekker te maak.
Ons Span
Ons het ’n toegewyde, goed opgeleide personeelspan, met genoeg personeel om veiligheid en individuele aandag te verseker. As Opvoedkundige Sielkundige is my deur altyd oop vir ouers wat ondersteuning of leiding benodig.
Ons Trots
Ons oud-maatjies pas uitstekend aan in Graad R en presteer goed in laerskole – sommige selfs as hoofleiers. Dit maak ons ongelooflik trots.
By Kiddie Junction streef ons daarna om ’n veilige, liefdevolle tuiste te skep waar elke kind se unieke talente en potensiaal ten volle ontwikkel kan word.
Vriendelike Groete,
Dr Kobie Barnard

Wat sê ons ouers?
Marlene
Fantastiese kleuterskool met wonderlike personeel. Elke ouer wat sy/haar kind se opvoeding hoog op prys stel sal nie verkeerd gaan nie.
F Kleynhans
Great kleuterskool waar die kinders floreer in n positiewe omgewing. Ons kan byna weekliks die vordering van verskeie vaardighede by ons kinders waarneem. Goeie gehalte onderwys en baie bekwame en vriendelike personeel. Ons kinders is regtig baie gelukkig in die skool en ons het gemoedsrus dat hulle ontwikkeling op die beste moontlike standaard bestuur word. Well done Kiddie Junction ons waardeer julle toewyding en effort.
Yolandie S
Beste Kleuterskool! Altwee ons dogters was in Kiddie Junction en ons het 'n lang pad saam met die skool gestap. Ons het op 'n tyd ver gery net om ons kinders in Kiddie Junction kleuterskool te hê en ons is nie 'n dag spyt nie! Wonderlike personeel! Ons gaan julle vreeslik mis!
Natasha
As ouer van ’n 3-jarige dogtertjie, kan ek na ’n jaar se skoolgaan by Kiddie Junction Kleuterskool sê dat dit ’n ware veilige hawe is. Jy kan jou kind met ’n geruste hart aflaai, wetende dat sy welkom is met haar kombersie en troos-teddie. Trane in die oggend verander hier maklik in glimlaggies.
Elke kind word as ’n unieke individu hanteer, met baie liefde, geduld en aandag. As ouer voel jy altyd ingelig oor wat in die skool gebeur, danksy konstante kommunikasie en opvolg. Jy kan seker wees dat jou kind geestelik, emosioneel en fisies sal groei en vooruitgang maak. Sy kan haar volle potensiaal bereik, en jy weet dat sy mooi versorg word.
Na ’n negatiewe ervaring by ’n vorige kleuterskool, het ons ’n groot positiewe verandering in ons dogtertjie gesien.
Sy is werklik gelukkig by Kiddie Junction. Ons waardeer alles wat julle vir haar doen!










